Afrikaanse musiekboeke vir klavier en klawerbord

MEER AS NET NOTE LEER SPEEL

WELKOM by MELODIE en RITMIEK

Twee boeke. Twee instrumente. !!Fantasties!! , ! ! ! Jippie ! ! ! , !!Afrikaans!! Een doel: Musiek wat regtig lewe kry!

Ontdek watter boek jou eerste tree na musiekvreugde kan wees!
Kom ons maak musiek wat ons ore laat dans!

Melodie – vir die beginner-klavierspeler

Leer klavier speel met ‘n verstaanbare benadering, lekker musiek
en ruimte om te ontdek.

Ritmiek – vir die elektroniese klawerbordspeler

Leer om akkoorde, style en klanke te gebruik en ontdek die
kreatiewe moontlikhede van jou klawerbord.

Musiek speel gaan oor veel meer as net die regte note op die regte plek. 
Dit gaan oor uitdrukking, kreatiwiteit en die vreugde om musiek werklik te beleef.

MELODIE

Die wonderwêreld van klaviermusiek.

‘n Beginnersreeks wat leerders stap vir stap aan
klavierspel bekendstel.  Met ‘n verstaanbare benadering
tot musieklees, praktiese speelwerk, kreatiewe
aktiwiteite en prettige musikale ontdekkings.

ONTDEK MELODIE HIER

RITMIEK

Ontdek die wêreld van die klawerbord.

‘n Praktiese beginnersreeks vir die elektroniese klawerbord. Leer note, akkoorde, ritmes en begeleidingspatrone verstaan
en gebruik.  Ontdek hoe Styles en Voices jou spel kan
verryk en jou help om jou eie musiek te maak.

ONTDEK RITMIEK HIER