RITMIEK BLITSKURSUS
Ontdek die wêreld van die klawerbord
’n Praktiese en doelgerigte Afrikaanse beginnersboek vir klawerbord, spesiaal saamgestel vir ouer beginners en volwassenes.
Die Ritmiek Blitskursus bied ’n gestruktureerde en doelgerigte studiemetode vir dié wat graag met begrip en selfvertroue wil leer klawerbord speel.
Stap vir stap ontdek jy akkoorde, ritmes en begeleiding, sodat jy nie net leer speel nie, maar ook verstaan wat jy doen.
Wat maak RITMIEK anders?
MEER OOR RITMIEK - BLITSKURSUS
ONTDEK DIE WÊRELD VAN DIE KLAWERBORD – VAN DIE EERSTE NOTE TOT EIE MUSIEKMAAK
Ritmiek is ‘n praktiese beginnerskursus wat die elektroniese klawerbord as ‘n volwaardige musiekinstrument bekendstel. Dit gaan verder as die speel van note en stel studente stap vir stap bekend aan akkoorde, ritmes, begeleiding, klanke en die kreatiewe moontlikhede van die instrument.
Van vroeg af word hulle aangemoedig en geleer om met verskillende style te eksperimenteer. Só ontdek hy of sy hoe die keuse van begeleiding en instrumentklanke die karakter van ‘n liedjie kan verander en hoe dieselfde melodie telkens ‘n nuwe musikale ervaring kan word.
Akkoorde word van die begin af op ‘n logiese en verstaanbare manier bekendgestel. Studente ontdek hoe akkoorde saamgestel word en hoe hulle met mekaar verband hou. Só leer hulle om akkoorde makliker en natuurliker te verwissel, sonder om elke keer ‘n heeltemal nuwe akkoordvorm van voor af te probeer onthou.
Hulle ontdek ook die magic van akkoorde: hoe ‘n verandering in akkoorde die karakter, gevoel en atmosfeer van ‘n liedjie kan verander. Dit maak akkoorde veel meer as net begeleiding – dit word ‘n manier om aan musiek vorm en kleur te gee.
Kreatiwiteit en improvisasie kry ook van die begin af aandag. Die leerder leer dus nie net om bestaande musiek na te speel nie, maar kry ook die geleentheid om te eksperimenteer, eie idees te ontwikkel en mettertyd self musiek te skep.
My doel is om leerders nie net te leer hoe om musiek te speel nie, maar ook om te verstaan wat hulle doen, selfstandig te raak en die vrymoedigheid te ontwikkel om hul eie musikale idees te ontdek.
Dit maak die deur oop na ‘n wêreld waarin die leerder kan ontdek, luister, eksperimenteer en sy of haar eie musikale verbeelding ontwikkel.
Want om klawerbord te leer speel, is maar die begin – die ware avontuur lê in alles wat jy daarmee kan ontdek en skep!
KYK BINNE-IN RITMIEK
Wil jy graag sien hoe Ritmiek Ontkiem [Blitskursus] lyk en wat dit bied?
Blaai deur hierdie uittreksel uit die boek en ontdek hoe jou stukke kreatief kan verander met jou keuse van style en klanke. Ontdek die vryheid van improvisering en leer hoe akkoorde Magic kan wees.
